Basiese inkomste toelaag na staande komitee verwys

‘n Universele basiese inkomste toelaag is wetenskaplik bekragtig deur 164 loodsstudies wêreldwyd – insluitend die 2008-2009 Otjivero-loodsstudie, die eerste van sy soort in die wêreld – as die mees kostedoeltreffende manier om armoede, ongelykheid en werkloosheid aan te pak. Namibië het egter steeds nie so ‘n toelaag nie. Die aangeleentheid is by die Nasionale Raad geopper en volgens die raad se sekretaris, Tousy Namiseb, word die saak nou na ‘n parlementêre staande komitee verwys vir verdere ondersoek.