Barry de Klerk word nuutste teiken van swendelaars

Die hoof van die Blue Rhino-taakspan, adjunk-kommissaris Barry de Klerk is die nuutste teiken van swendelaars. Polisiebeamptes se name soos De Klerk s’n, asook dié van ene kommissaris Heita, word deur swendelaars misbruik. Die misdadigers bel lede van die publiek en beweer daar is ‘n kriminele saak teen hulle en hulle sal gearresteer word, tensy hulle ‘n betaling via ‘n selfoontoep maak. Adjunk-kommissaris de Klerk het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.