Barrett ‘n plaasvervanger in All Blacks-toets teen Engeland
Rugby: Die nuwe All Black-afrigter, Scott Robertson, het die ster-losskakel Beauden Barrett as plaasvervanger ingesluit vir Saterdag se eerste toets teen Engeland in Dunedin, en die nommer tien-trui vir Damian McKenzie gegee. McKenzie se skakelmaat is TJ Perenara, wat die eerste keer terug is nadat hy in 2022 sy haksening geskeur het. Barrett se broer Scott maak sy buiging as kaptein van Nieu-Seeland, met agt spelers wat in Oktober in die opdrafspan was toe hulle in die Wêreldbeker-eindstryd teen die Springbokke verloor het.