Barcelona-ondersteuners mag nie wedstryd in Serwië bywoon

Sokker: Die Beheerliggaam UEFA het bevestig Barcelona-ondersteuners sal nie toegelaat word om die span se Kampioeneligawedstryd teen Red Star Belgrade in Serwië by te woon nie. Dit volg na die vertoon van Nazi-simboliek gedurende Barca se wedstryd in die eerste ronde teen AS Monaco in die prinsdom. Die Spaanse span is ook met 190-duisend Namibiese dollar beboet met ʼn bykomende verbod op die verkoop van kaartjies aan ondersteuners van ander plekke by ander wedstryde, wat vir 12 maande opgeskort is. Barca en Red Star speel op ses November teen mekaar in Belgrado.