Barbosu kry die brons. Punt.
Die Hof vir Bemiddeling in Sport gaan nie sy beslissing oor die terugtrekking van die Amerikaanse gimnas, Jordan Chiles, se bronsmedalje in Parys heroorweeg nie. Dit ten spyte van video-bewyse wat die Amerikaanse gimnastiekvereniging voorgelê het. Die hof het die Roemeense Olimpiese Komitee se appèl gehandhaaf dat die Amerikaanse span se navraag oor Chiles se telling ná die eenminuut-spertyd ingedien is en verwerp moet word. Ana Barbosu van Roemenië sal die bronsmedalje kry. Amerika se gimnastiekvereniging sê hy sal voortgaan om elke moontlike opsie en appèlproses na te volg.