Banyana vou voor Copper Queens

Zambië se Copper Queens was gedugte teenstanders vir Banyana Banyana in ‘n vriendskaplike wedstryd gister in Lusaka. Die Olimpiese ster, Barbra Banda, het die eerste doel vir die tuisspan al in die sesde minuut aangeteken, voor Avell Chitundu die telling na 2-0 opgestoot het. Die derde doel was genoeg vir ‘n oorwinning. Die afrigter van Banyana, Desiree Ellis, sê die vriendskaplike wedstryd was ondanks die nederlaag goeie voorbereiding vir die Afrika-Nasiebeker vir Vroue wat binnekort begin:

Die kaptein van Banyana, Janine van Wyk, sê sy is teleurgesteld, maar weet hulle kon beter gespeel het: