Banyana vorder met kwalifisering vir Spele

Banyana Banyana het Tanzanië op die Mbombela-stadion in Mpumalanga met 1-0 geklop in die tweede been van die kwalifiseringswedstryde vir die Olimpiese Spele in Parys. Thembi Kgatlana se doel het verseker dat Suid-Afrika Tanzanië met ‘n gekombineerde telling met vier-nul verslaan nadat hulle die Tanzaniërs verlede Vrydag in die eerste been in Dar es Salaam met 3-0 afgeransel het. Afrika se heersende vrouekampioene kom in die laaste kwalifiseringsronde teen Nigerië te staan. Afrigter Desiree Ellis sê sy is oor die algemeen tevrede met hulle vertoning: