Banyana Banyana-afrigter kry plek in SA Heldesaal

Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, word volgende Woensdag in die Suid-Afrikaanse Heldesaal ingehuldig. Sy word vereer vir haar talle prestasies, insluitend om die span in 2022 tot ʼn geskiedkundige Afrikabeker-titel vir Vroue te voer. Ellis kry erkenning naas ander sokkerbekendes soos die afrigter van Bafana-Bafana, Ephraim Mashaba, en die legendes Neil Tovey en Lucas Radebe. Ellis sê sy is dankbaar oor die eer en beskryf dit as ’n seën.