Bannon vrygelaat, reguit na Trump se kamp toe
Die gewese raadgewer van die Amerikaanse Republikeinse presidentskandidaat Donald Trump is vrygelaat uit die tronk in Connecticut na vier maande agter tralies. Die 70-jarige Steve Bannon is ‘n konserwatiewe potgooi-aanbieder wat ‘n sleutelrol gespeel het in Trump se presidentsveldtog van 2016. Hy is skuldig bevind op twee aanklagte van minagting van die Kongres in 2022 omdat hy geweier het om te voldoen aan ‘n dagvaarding in verband met die ondersoek na die 6 Januarie-onluste. Bannon het na sy vrylating gesê as mense voorheen gedink het Amerikaanse politiek is verdelend, wag ‘n verrassing op hulle.