Bannon moet aanmeld by die tronk

ʼn Federale regter het oudpresident Donald Trump se gewese strateeg, Steve Bannon, beveel om teen 1 Julie by die tronk aan te meld vir ʼn vonnis van vier maande tronkstraf. ʼn Jurie het die 70-jarige Bannon skuldig bevind op twee aanklagte van minagting van die Kongres in 2022. Hy het geweier om ʼn dagvaarding van die Huis se Gekose Komitee na te kom wat die sogenaamde 6 Januarie 2021-aanval op die Kongresgebou ondersoek. Bannon ontken skuld. Nog ʼn Trump-bondgenoot en gewese Withuis-handelsraadgewer, Peter Navarro, dien reeds tronkstraf van vier maande uit.