Bannerman sê Etango omvangstudie uiters belowend

Bannerman Energy het aangekondig ‘n omvangstudie vir sy vlagskip Etango-uraanprojek in die Erongo-streek, sowat 30 kilometer suid-oos van Swakopmund, is suksesvol voltooi. Die studie beklemtoon die robuuste tegniese en finansiële lewensvatbaarheid van twee toekomstige fases. Hulle is Etango-XP, wat ‘n uitbreiding in deursetkapasiteit tot 16 miljoen ton per jaar behels, en Etango-XT, wat die bedryfslewe van 15 tot 27 jaar verleng. Die kosteberamings sluit in voorproduksie-kapitaalbesteding van ongeveer 320 miljoen Amerikaanse dollar. Etango-XP kan na verwagting sowat 95,2 miljoen pond uraan oor 16 jaar lewer.