Banksy bevestig piranha-kunswerk is syne

Die ontwykende kunstenaar, Banksy, het bevestig hy het piranhas in die water op die waghuisie van die polisie in Londen geverf, wat gisteroggend die eerste keer opgemerk is. Skares het foto’s geneem, maar versperrings is opgerig om mense te verhinder om nader te gaan. Dit is sy sewende nuwe kunswerk binne ‘n week nadat ‘n bok, apies, olifante, ‘n wolf, pelikane en ‘n kat oornag verskyn het. Banksy hoop blykbaar hierdie opbouende werke sal mense opbeur na geweldadige betogings en onderstreep die mens se skeppingsvermoë eerder as negatiwiteit en vernielsug.