Bankkrisis en die rentekoers – ekonoom sê

‘n Namibiese ekonoom het sy reaksie gegee oor sentrale banke in Afrika se grootste ekonomieë wat na verwagting rentekoerse sal verhoog om inflasie te beperk en ‘n uitverkoping in hul bates af te weer. Dit word volgens kenners vererger deur die ineenstorting van die Amerikaanse lener Silicon Valley Bank en stres by Credit Suisse. Suid-Afrika, saam met Nigerië, Egipte, Marokko en Kenia sal na verwagting in die volgende twee weke hul repokoerse verhoog. Daar word ‘n 25 basispunt-verhoging verwag, maar selfs dalk hoër in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met Arney Tjaronda van High Economic Intelligence Investment, gepraat…

Hy sê Namibië kan ook ‘n verhoging in rentekoerse verwag.