Banke eis skuld van N$47m in mosiehof

Dit was ‘n bielie van ‘n mosiehofrol vanoggend in die hoofstad. Regters Hannelie Prinsloo en Beatrix de Jager het 80 aansoeke vir verstekvonnisse hanteer. Van die aansoeke was tien reël 108 aansoeke. Banke het 58 van die aansoeke gebring. Daar is 33 eiendomme met uitstaande skuld van amper 41,3 miljoen Namibiese dollar opgeëis en 22 lenings met ‘n skuldlas van 5,7 miljoen dollar wat nou betaalbaar is. Drie voertuie moet terugbesorg word. In Maandag se sessie hanteer regter Collins Parker 46 onverdedigde egskeidings.