Banke eis N$70m in mosiehof-sessie

Regters Orben Sibeya en Shafimana Ueitele het 115 aansoeke vir verstekvonnisse in die mosiehof vanoggend hanteer. Daar was 26 aansoeke op die reël 108-rol. Kommersiële banke het 69 aansoeke gebring, 34 vir eiendomme en 35 vir lenings. Die banke vra betaling van 34,2 miljoen Namibiese dollar vir die eiendomme en 35,7 miljoen dollar vir die uitstaande lenings. In Maandag se sessie hanteer regter Kobus Miller 30 onverdedigde egskeidings.