Banke eis 38 lenings in mosiehof op

Daar was vanoggend 93 aansoeke om verstekvonnisse in die mosiehof-sessies waarvan 15 reël 108-aansoeke was. Regters George Coleman en Collins Parker het die sessies hanteer. Kommersiële banke het 38 aansoeke gebring waaronder 13 eiendomme teruggevra word. Die uitstaande skuld staan op 14,7 miljoen Namibiese dollar. Daar is ook 23 lenings, onmiddellik betaalbaar met ‘n skuldlas van 10,3 miljoen dollar en twee voertuie moet terugbesorg word. In Maandag se sessie is daar 44 onverdedigde egskeidings voor regter Parker.