Banke bring helfte van aansoek in mosiehof, soek N$41,7m

Daar was 104 aansoeke om verstekvonnisse in die mosiehof vanoggend waarvan agt reël 108 aansoeke was. Regters Claudia Claassen en Esi Schimming-Chase het die sessies hanteer met kommersiële banke wat 52 eise ingedien het. ‘n Totaal van 24 eiendomme word deur die banke opgeëis met uitstaande skuld van 32,7 miljoen Namibiese dollar. Die banke sê 27 lenings ter waarde van amper 9 miljoen dollar is betaalbaar en een voertuig moet aan die bank terugbesorg word. In Maandag se sessie sal regter Boas Usiku 34 onverdedigde egskeidings hanteer.