Banke bring 60 aansoeke in mosiehof

Daar was 109 aansoeke vir verstekvonnisse in die mosiehof vanoggend, waarvan nege reël 108 aansoeke was. Regters Orben Sibeya en Shafimana Ueitele het die sessies hanteer. Kommersiële banke het 60 van die aansoeke gebring. Hulle eis 22 eiendomme met uitstaande skuld van 20,5 miljoen Namibiese dollar op sowel as 32 onbetaalde lenings ter waarde van 7,32 miljoen dollar. Ses voertuie moet ook terugbesorg word. In Maandag se sessie voor regter Harold Geier is daar 52 onverdedigde egskeidings.