Bank wil Ricardo Gustavo se huis vat

Fishrot-beskuldigde Ricardo Gustavo is vandag in die hof voor regter Hannelie Prinsloo oor net meer as 2,8 miljoen Namibiese dollar wat FNB sê hy skuld. Die bank eis ‘n eiendom op Finkenstein op. In sy stukke sê FNB Gustavo het die huislening in Oktober 2018 aangegaan en het in Oktober 2022 opgehou om te betaal. Daar is ‘n tweede eis vir net meer as 148 000 dollar in ‘n oortrokke fasiliteit wat ook betaalbaar is. Gustavo het geen prokureur nie maar het aangedui hy sal die saak self verdedig. FNB sal aansoek doen vir ‘n summiere vonnis teen 15 Julie.