Bank van Namibië verduidelik die aanstelling van ‘n tweede adjunk-goewerneur

Johannes !Gawagab en Ebson Uanguta is onderskeidelik as die goewerneur en adjunk-goewerneur van die Bank van Namibië deur President Hage Geingob vir ‘n tydperk van vyf jaar heraangestel. Hul aanstellings is effektief vanaf 1 Januarie 2022. Die President het ook vir Leonie Dunn as tweede adjunkgoewer van die Bank vir vyf jaar aangestel. Kazembire Zemburuka, adjunkdirekteur vir korporatiewe kommunikasie van die bank, verduidelik aan Kosmos 94.1 nuus die rede vir die aanstelling van ‘n tweede adjunk-goewerneur.