Bank van Namibië kondig repokoers op 8 Desember aan

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het vandag sy repokoers met 25 basispunte tot 3,75 persent verhoog. Dit is die eerste rentekoersverhoging in drie jaar. Die Bank van Namibië volg tradisioneel die Suid-Afrikaanse Reserwebank se se monetêre beleidsbewegings. Die Bank van Namibië sal sy volgende monetêrebeleidsbesluit op 8 Desember aankondig. Die Namibiese se repokoers staan tans op 3,75 persent, terwyl die prima-uitleenkoers van handelsbanke in Namibië 7,5 persent is.