Bangmaakpraatjies tipes van ANC
ActionSA sê hy verwerp die kwaadwillige en misleidende bewerings deur president Cyril Ramaphosa dat maatskaplike toelaes moontlik gestaak gaan word indien die ANC die mag in vanjaar se verkiesing verloor. Die president het Maandag in Mpumalanga gesê indien die ANC nie die meerderheidstem kry nie, sal die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente en ander maatskaplike toelaes moontlik geskrap word. Lerato Ngobeni van ActionSA sê hierdie tipe bangmaakpraatjies is tipies van die regerende party wat nou skaamteloos lieg om te keer dat hulle die verkiesing verloor: