Bangladesj stel aandklokreël in

Die Bangladesj-regering het ‘n onbepaalde, landwye aandklokreël ingestel te midde van betogings teen die regering. Minstens 76 mense is gister dood in voortgesette geweld tussen die polisie en betogers. Duisende mense het die strate ingevaar en geëis premier Sheikh Hasina moet bedank. Dit volg ná betogings verlede maand teen kwotas vir staatswerk waarin minstens 150 mense omgekom het. Hasina sê diegene wat betoog is nie studente nie, maar terroriste wat daarop uit is om die land te destabiliseer.