Bangladesj onluste kan T20 Vroue-toernooi raak
Die Vroue T20-Wêreldbekertoernooi in Oktober kan in gedrang wees weens politieke onrus in die gasvrouland, Bangladesj. Dit volg nadat die gewese eerste minister, Sheikh Hasina, verlede week na Indië gevlug het na weke van dodelike teen-regeringsbetogings. Die Internasionale Krieketraad sê hy hou die situasie noukeurig dop. Die IKR het Indië intussen gevra om die toernooi oor te neem, maar die land se krieketowerheid het geweier weens die moeson-seisoen en omdat hy volgende jaar die Vroue Eendag-Wêreldbekertoernooi aanbied.