Bangladesj klop Skotland in T20 Wêreldbeker vir vroue

Krieket: Bangladesj het Skotland met 16 lopies geklop in die openingswedstryd van die Vroue T20 Wêreldbeker in Sjarja in die Verenigde Arabiese Emirate. Bangladesj het eerste gekolf en kon slegs 119 vir sewe aanteken met Sobhana Mostary op 36 die hoogste telling en Saskia Horley wat drie paaltjies laat kantel het. Skotland het dapper teruggeveg, maar kon slegs 103 vir sewe haal met Sarah Bryce se onoorwonne 49 die beste telling. Ritu Moni het twee paaltjies laat kantel en is as speler van die wedstryd aangewys.