Bangladesj-betogings eis 6 lewens
Studente in Bangladesj rou oor klasmaats wat dood is in betogings oor indiensnemingsreëls in die staatsdiens, ‘n dag nadat die regering die onbepaalde sluiting van skole landwyd beveel het om orde te herstel. Ses mense is gister dood in botsings regoor die land met strydende studentegroepe wat mekaar aangeval het met bakstene en bamboesstokke. Dit was die geweldadigste dag tot dusver na weke se saamtrekke om die einde te eis van ‘n kwotastelsel vir winsgewende regeringswerksgeleenthede wat teenstanders sê lede van Bangladesj se regerende party onregverdig bevoordeel.