Bande tussen NKorea, Rusland ‘nie China se saak’
China sê groeiende bande tussen Pjongjang en Moskou het niks met hom te doen nie nadat Amerika gewaarsku het tot agt-duisend Noord-Koreaanse troepe het Rusland se grensstreek bereik, is opgelei en is gereed vir oorlog met Oekraïne. China se Ministerie van Buitelandse Sake sê Noord-Korea en Rusland is twee onafhanklike, soewereine state en hoe hulle bilaterale betrekkinge ontwikkel, is hul eie saak. Die minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê volgens Amerikaanse intelligensie is Noord-Koreaanse troepe vermoedelik in Rusland en op pad na die Kursk-grensstreek.