Balmoral-kasteel in Julie oop vir die publiek

Die publiek sal in die komende Britse somer wyle koningin Elizabeth se gunsteling woning, Balmoral-kasteel, kan besoek. Koning Charles het begeleide toere aangekondig van die kasteel in Aberdeenshire in die Skotse Hoogland vir vyf weke, van 1 Julie af. Kaartjies kos twee-duisend-300-Namibiese dollar elk, en styg tot drie-duisend-500-dollar met middagtee ingesluit. Net 40 besoekers per dag sal toegelaat word. Volgens Balmoral-kasteel se webblad sal dit die eerste toere van dié soort wees vandat die gebou in 1855 voltooi is.