Ballito Rage gaan ondanks nuwe Covid-variant voort

Die Ballito Rage-organiseerders in KwaZulu-Natal het bevestig die jaarlikse byeenkoms gaan steeds voort ondanks die dreigende vierde vlaag en ‘n nuwe Covid-variant. Die fees vir matrieks vind van Dinsdag tot 5 Desember plaas. Die organiseerders sê enige veranderings aan regulasies wat die regering aankondig, sal in werking ingestel word.