Balhao sê Lüderitz werk hard om ‘gereed’ te wees

Die makelaarsfirma Simonis Storm het ‘n ontleding van eiendomme en aansoeke daarvoor vir Lüderitz gedoen. Die dorpie groei vinnig as gevolg van die ontluikende oliebedryf sowel as groen-waterstof en aansoeke deur ontwikkelaars het aansienlik gegroei. Kosmos 94.1 Nuus het met die burgemeester van Lüderitz, Phil Balhao, gepraat. Hy sê hulle werk hard om die dorp gereed te kry.