Baleni-dreigemente hou verband met staatskaping

Die staatsveiligheidsagentskappe in Suid-Afrika het beskermingsmaatreëls vir die direkteur-generaal in die presidensie, Phindile Baleni, getref om haar in staat to stel om met haar werk voort te gaan. Dit volg na Baleni ‘n doodsdreigement in die vorm van ‘n brief met ‘n koeël in die koevert ontvang het. Die presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die stryd teen misdaad en korrupsie sal nie deur die dreigement teen die direkteur-generaal geraak word nie: