Baie op die spel in laaste Rugbykampioenskap-ronde

Rugby: Baie is op die spel in die laaste ronde van die Rugbykampioenskap. Suid-Afrika benodig net een ligapunt teen Argentinië om die titel die eerste keer sedert 2019 in te palm terwyl die Pumas ʼn bonuspunt-oorwinning moet behaal asook die Springbokke verhinder om ʼn ligapunt te kry om vir die heel eerste keer as kampioene gekroon te word. Indien die All Blacks die Wallabies vanoggend klop kan hulle tweede eindig indien die Bokke vanmiddag wen. Australië sal ongeag die uitslae die houtlepel kry.