Baie min, veilige geriewe vir vragmotorbestuurders in Namibië

Langafstand vragmotorbestuurders staar talle uitdagings in die gesig op Namibië se paaie. Een daarvan is ‘n gebrek aan ablusiegeriewe en vragmotor-depots. Daar staan somtyds tot 30 vragmotors wat oornag by die padblokkade tussen Windhoek en Okahandja, eenvoudig omdat dit veilig is daar, maar, daar is geen geriewe nie en die bestuurders maak gebruik van die padreserwe. Kosmos 94. Nuus het met Conrad Lutombi, die uitvoerende hoof van die Paaie-owerheid, gepraat oor die kwessie.