Baie lekker rugby die naweek
‘n Hewige stryd word môre in Kaapstad verwag wanneer die twee top-spanne in die Verenigde Kampioenskap, Leinster en die Stormers, mekaar pak. Die wedstryd begin kwart-oor-ses môre-aand. Die Bulle en Glasgow Warriors skop die naweek se aksie vanaand op Loftus Versfeld af, terwyl die Leeus en Benetton môre in Johannesburg uitdraf. Die Haaie verwelkom Connacht later in Durban. Die Haaie is tans vierde op die punteleer, die Bulle agtste en die Leeus 12de.