Baie beter gevaar as verwag: Patriotic Alliance

Die Patriotic Alliance glo hy het baie beter gevaar as wat verwag is in vanjaar se verkiesing. Die party is veral tevrede met die groeikoers in die Wes-Kaap. Charles Cilliers van die PA het ook die jeug geprys omdat hulle in groot getalle kom stem het. Hy sê hy is beïndruk met die algehele reaksie op hul manifes, aangesien dit beteken Suid-Afrikaners is gereed vir verandering.