Bafana se Wêreldbeker-veldtog skop af

Bafana-Bafana begin hulle kwalifiseringsveldtog vir die 2026 Wêreldbeker Saterdag teen Benin in die Moses Mabhida-stadion in Durban. Drie dae later wag ʼn moeilike weg-wedstryd teen Rwanda. Bafana het nog nie sedert 2006 vir ʼn Wêreldbeker gekwalifiseer nie en nog nie weer ʼn belangrike titel op die vasteland gewen nie sedert die Afrika Nasiesbeker in 1996. Daar is vordering met afrigter, Hugo Broos, want die span is vir meer as ʼn jaar onoorwonne. Broos is oortuig hulle kan hulle goeie spelpeil voortsit: