Bafana se Tshabalala geskiet tydens roof

Polisie in Gauteng het ʼn soektog begin nadat die gewese Bafana Bafana-afrigter, Stanley Tshabalala, tydens ʼn inbraak by sy huis in Centurion, Tshwane, geskiet is. Tshabalala was die eerste Bafana Bafana-hoofafrigter nadat Suid-Afrika in 1992 weer in internasionale sokker toegelaat is. Hy was ook Mamelodi Sundowns se afrigter en het sedert 2008 verskeie belangrike posisies by Orlando Pirates beklee. ʼn Polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê Tshabalala sterk aan in die hospitaal: