Bafana se ‘Screamer’ Tshabalala sterf aan rooftog-beserings
Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het hulde gebring aan die gewese Bafana Bafana-afrigter, Stanley Tshabalala, en sê sy nalatenskap sal voortleef. Die 75-jarige Tshabalala is gister dood aan beserings wat hy vroeër vanjaar tydens ʼn rooftog by sy huis opgedoen het. McKenzie sê Tshabalala, met die bynaam Screamer, het oor talle dekades heelwat spelers en spanne gehelp. Die ANC sê Tshabalala se dood laat ʼn groot leemte in die sportwêreld.