Bafana plaas Suid-Afrikaanse sokker in die kollig

Bafana Bafana se veldtog vir kontinentale glorie het in die halfeindstryd van die Afrikabeker geëindig, toe hulle met strafdoele deur Nigerië geklop is. Die wedstryd het ná ekstra tyd een-elk geëindig, waarna die Nigeriese doelwagter, Stanley Nwabali, twee strafskoppe gekeer het en Nigerië deurgedring het na die eindstryd. Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê Bafana het Suid-Afrikaanse sokker weer in die kollig geplaas: