Bafana oplaas in Nigerië vir Wêreldbeker-kwalifiseerder
Sokker: Bafana Bafana het uiteindelik in Uyo, Nigerië, aangekom vir môre se deurslaggewende Wêreldbeker-kwalifiserende wedstryd teen die Super Eagles. Die span moes ‘n dag vroeër aangekom het, maar het vertragings uit Suid-Afrika ondervind. Die spelers moes die nag in Port Harcourt deurbring nadat die lughawe in Uyo gesluit is. Afrigter Hugo Broos glo sy span is goed voorberei ondanks die reisprobleme. Bafana speel Dinsdag in Bloemfontein teen Zimbabwe. Net die groepswenners dring outomaties deur na die Wêreldbekertoernooi.