Badroodien onskuldig, sê hy is verlig

Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê hy is uiters verlig nadat hy onskuldig bevind is op aanklagte wat verband hou met ‘n gepeuter aan elektrisiteit. Hy het die amp verlede September verlaat ná bewerings dat hy met ‘n elektrisiteitsmeter op sy eiendom gepeuter het. Hy het die bewerings ontken. Badroodien, wat tydens ‘n tugverhoor vrygespreek is, sê hy is gereed om weer die mense van Kaapstad te dien: