Backyard Ultra: Ross voltooi 26 loepe, wen kampioenskap

Andre Ross sal Namibië vir die eerste keer in die VSA verteenwoordig in die internasionale Backyard Ultra Kampioenskap na hy die naweek by Gecko Ridge Lodge net buite Swakopmund 26 loepe van 6,7 kilometer elk voltooi het. ‘n Totaal van 15 ultra-atlete het deelgeneem en 26 uur later was net Ross oor. Saam met Erich Goeieman en Martin Kalwenya het hulle vanaf die 17de loep aangehou hardloop. Kalwenya het ‘n yspak op sy knie gehad en kon nie die 25ste loep voltooi nie terwyl Goeieman aan die einde van die 25ste loep gestop het. Ross het die 26ste loep, 174,2 kilometer in 26 uur, sonder slaap, voltooi.