Backyard Ultra: Drie uit 15 oor in 17de loep

Daar is drie ultra-atlete oor in die Backyard Ultra World Team-kampioenskappe wat by Gecko Ridge Lodge net buite Swakopmund op die oomblik plaasvind. Die 17de loep van net meer as 6,7 kilometer het pas klaargemaak. Die atlete het Saterdagmiddag twee-uur begin en het ‘n uur om die loep te voltooi. ‘n Oorspronklike 15-lid Namibiese span ding in reële tyd met spanne in 62 ander lande mee. Die top-50 spanne sal hul nasionale kampioen na die wêreldfinaal volgende jaar in die VSA kan stuur.