Babastorting: Vonds gemaak toe hond aan oorskot vreet

Die Namibiese polisie by Ariamsvlei ondersoek ‘n saak van verberging van geboorte na die ontdekking van ‘n pasgebore babadogtertjie se oorskot wat opgesny was. Dis mag sê dat inwoners ‘n hond gesien het wat iets dra en toe hulle ondersoek instel het hulle ontdek dit was die oorskot van ‘n pasgebore babadogtertjie. Sommige liggaamsdele word vermis en is nog nie opgespoor nie. Die mag voeg by ‘n soortgelyke saak is vroeër by Oranjemund geregistreer, waar ‘n gemeenskapslid wat op die dorp se stortingsterrein na kos gesoek het, en ‘n goed ontwikkelde fetus gevind het wat in ‘n swart plastieksak toegedraai was. Polisie-ondersoeke duur voort.