Babastorting by Walvisbaai vullisgate ontdek

Nog ‘n babastorting van ‘n pasgeborene wat soos vuilgoed weggegooi is, is aangemeld. Die polisie sê die ligaam van ‘n pasgebore seuntjie is by Woensdag by munisipale vullisgate ontdek. ‘n Plaaslike sub-kontrakteur was by die stortingsterrein vir werk, toe een van sy werkers die grusame ontdekking gemaak het. Hy het dadelik die polisie in kennis gestel, wat die liggaampie verwyder het. ‘n Na-doodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van dood te bepaal.