Baba in vlak graf op Walvis gekry, polisie vra hulp

Die Erongo-polisie vra die publiek se hulp om die 24-jarige Ashley Mudimu op te spoor, na ‘n gru-vonds agter die vlootbasis op Walvisbaai. Vlootlede op patrollie het afgekom op die lyk van ‘n drie-maande oue dogtertjie in ‘n vlak graf langs die see. Mudima, die baba se ma, kan dalk lig werp op die voorval maar sy word sedert gister vermis. Enigiemand met inligting word versoek om die polisiespeurders in Walvisbaai te kontak.