Baba- en tienersterrestelsels ontdek
Sedert dit verlede jaar in werking getree het, het die James Webb-ruimteteleskoop baanbrekende waarnemings gemaak wat sommige van die heelal se vroegste sterrestelsels betrek. Die stelsels word galaktiese babas noem. Dan is daar ander wat hy gevind het, wat sterrekundiges galaktiese tieners noem en soos die navorsing toon, lyk hulle in sekere opsigte soos menslike tieners, insluitend deur uitbarstings van groei te toon en om onvolwasse voor te kom. Die stelsels is blykbaar net 2 tot 3 miljard jaar oud terwyl die Oerknal-gebeurtenis ongeveer 13,8 miljard jaar gelede voorgekom het. Wetenskaplikes is nou besig met die jongeles se chemiese DNA.