Baan toe! Aussie Ope se prysgeld beloop N$1 miljard!

Die Australiese Ope se amptenare het ʼn verhoging van meer as 125 miljoen Namibiese dollar in prysgeld aangekondig. Die toernooi begin op 14 Januarie by Melbourne Park. Die toernooi se direkteur, Craig Tiley, sê die Grand Slam-toernooi se totale prysgeld beloop nou meer as 1 miljard Nambiese dollar. Die wenners van die mans- en vrouetitels sal albei meer as 40 miljoen Namibiese dollar in hul sak steek. Spelers wat in vorige rondes uitval en kwalifiseer, sal beter vaar as ooit. Selfs diegene wat in die eerste ronde uitval, sal byna 400 000 Namibiese dollar huis toe neem.