B2Gold se produksie kan op groenskemas toegepas word

Landbouminister Calle Schlettwein sê die produksie metodes wat by die B2Gold-myn se landbouplaas in die Otjozondjupa-streek toegepas word, op groenskemas benut kan word. Schlettwein het die plaas besoek en sê dit was die moeite werd om verskeie landbou-aktiwiteite soos produksie van koring, mielies en tuinbouprodukte in aksie te sien. Die B2Gold-boerdery oes tans koring op drie spilpunte van 15 hektaar met ‘n oesprojeksie van 11 tot 12 ton per hektaar.