B2Gold-produskie oortrek verwagtinge
B2Gold sê sy Otjikoto-myn het produksie verwagtinge oortref met die lewering van 52 131 onse goud in die derde kwartaal van 2024. Goudherwinning van die erts het op 98,8 persent vir die periode ingekom. Ertsproduksie van die Wolfshag-ondergrondse myn vir die derde kwartaal van 2024 was gemiddeld 1 800 ton per dag teen ‘n gemiddelde graad van 3,64 g/t goud. B2Gold het ‘n 17,7 miljoen Namibiese dollar belegging in Wolfshag by die Otjikoto-mynterrein gedoen.